Sunday 23 June 2024

Mossiestilte: Hand. 7:55

Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.

God kom eerstens en openbaar Homself in al sy glorie en heerlikheid aan jou vandag. Stéfanus het sy oë op die regte plek gehad; hy het verby die probleem gekyk en die oplossing raakgesien, al was hy in groot nood. Nes jy dink die probleme hou op, steek 'n nuwe probleem sy kop uit. Jou lewe is nie 'n gelykpad nie, maar die Here is jou oplossing vir al jou probleme.

Leer my Heilige Gees, om altyd my afhanklikheid op my knieë in gebed na U toe te bring. Op my knieë wil ek u grote Naam aanroep. Met my oë gerig op U, wil ek verby my probleme kyk en net op U fokus. U is my Redder en die een wat my nooit alleen laat nie. Op my knieë is U waarlik goed en sorteer U al my probleme uit. Ek loof U en prys U, tot die dood toe. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]