Saturday 5 May 2018

Basaar: Ons is dringend op soek na die wit olifante in die gemeente...

   Is jou kaste ook
te vol?
Dit is nou die ideale tyd om al die oortollige en onnodige besittings wat so wegkruip in die kaste, laaie of agter in die garage, uit te gooi. 

Dis tyd om van al jou wit olifante ontslae te raak... En vir 'n goeie doel. Die wit olifanttafel gaan vanjaar groot wees! Kom gee dit asseblief by die kerkkantoor af.

(Dit sluit dinge in soos boeke, skilderye, tafeltjies, stoeltjies, boekrakke, gordyne, bakke, panne, glase, potte, panne, borde, kombuisgereedskap en garagegereedskap... Enige iets wat jy nie meer gebruik nie!