Monday 2 April 2018

Volharding tel...

Thomas Edison wou iets skep om elektrisiteit te stoor en te bewaar. Keer op keer het sy proewe nie geslaag nie. Toe hy by die 49 999ste proef kom het hy nog volhard en eers die 50 000ste keer het hy geslaag. Dit was die eerste battery wat uitgevind is.

Kyk weer na jou flitsbattery en onthou na die hoeveelste proef Edison eers geslaag het om 'n battery te maak: 50 000! Iemand wat geweet het van al hierdie proewe het vir hom gevra of hy nie moedeloos geword het met al die mislukkings nie. Sy antwoord was so positief: “Ek het geleer dat 49 999 dinge nie werk nie."

Is dit die rede waarom daar 1300 uitvindings op Edison se naam geregistreer is? By Edison het net volharding getel. 

Dit is aan hom te danke dat ons vandag baie geriewe het, o.a. musiekplate, die filmbedryf, die mikrofoon, die gloeilampie en die transmitter wat gelei het tot die ontdekking van die telefoon. Ons skuld Edison baie, baie dankies vir die geriewe wat ons vandag het. Edison het nie gewerk vir onmiddellike resultate nie. Hy het net volhard. Die baie dinge wat ons vandag kan geniet, is te danke aan sy volharding! 

Die Here Jesus het volhardend ook 'n lydensweg bewandel vir ons “geriewe” asook 'n ewige woning wat Hy vir ons verdien het. Dankie Jesus!

[Van: Ds Weitz Botes NG Kerk Parys-Wes]