Eendag merk die dominee ' n klein seuntjie in die voorportaal van die kerk op wat aandagtig na ' n groot gedenkplaat teen die muur staan en kyk.
Dit was oortrek met name en daar was klein landsvlaggies weerskante.
Toe loop die dominee nader, kom staan langs die seuntjie en sê saggies: "Goeiemôre, my Seun."
"Môre, Dominee," sê hy, met sy oë nog vasgenael op die plaat.
"Dominee, wat is dit hierdie?" vra hy.
Die dominee antwoord: "Wel, my seun, dit is 'n gedenkplaat vir al die jongmanne wat in die diens gesterf het."
In doodse stilte en met groot eerbied staan die twee voor die plaat en staar na die name.
Uiteindelik, in 'n skaars hoorbare stemmetjie en bewend van vrees vra die seuntjie: "Watter diens, Dominee? Die oggend- of die aanddiens?"