Sunday 24 March 2019

Leef dankbaar ...

Eendag baie lank gelede is my oupa oorlede ...
maar dit was maar reg,
want hy was oud!

Jare daarna is my pa oorlede ... maar op 'n manier was dit ook maar reg,
want hy was oud.

Nóú,
het ons al vriende verloor en ons is verstom ...
hulle is dan nog so jonk!

Stadig maar seker begin die werklikheid soos yskoue water in jou murg intrek.

My oupa was twee en sestig.
My pa was vyf en sestig.
Ja, dis waarnatoe ons op pad is ...

Sommige van ons is al selfs dáár verby!

Ek sit nou rustig en luister na die krieke en kyk na die sterre.
'n Vreemde emosie neem van my besit.

Ek wil huil oor die jare wat verby is ... maar ek wil jubel oor die tye wat kom.

My Vriende,
tel elke dag julle manna op.
Drink elke dag die water wat Hy vir jou uit die rots uit gee . . .
en LEEF DANKBAAR!
Voluit! Aanhoudend!

Huil kortstondig oor die hartseer in jou lewe.
Doen dan opgewonde die dinge wat die Here nog wil hê jy moet doen.
Treur vir hulle wat weg is ...
maar doen meer moeite, met hulle wat nog hier is.

Hou op geld na jaag ...
Hou op versamel ...

Gaan dien die Here en geniet jou laaste paar jare saam met jou geliefdes!

Onthou!

Die digter sê:
"Wat ek is,
is net genade!
Wat ek het, is net geleen!"

Ek wil dit voltooi deur te sê:
"Leef tot Eer van die HERE Here,
gereed om Hom te ontmoet ...
want wanneer dit is ...
weet net die Heer alleen!"