Tuesday, 2 September 2025

Kom wees deel van 'n wêreldwye Bybelstudie


Dominee Ensie Enslin begin DV vanaand, 2 September, om 19:00 met 'n AFRIKAANSE Bybelstudie oor VERGIFNIS. Dit duur tot ongeveer 20:30. 

Dit gebeur na aanleiding van die advertensie wat dominee Ensie aan groepe gestuur het vir die wêreldwye ENGELSE Bybelstudie!!! Dit begin met 'n kenmekaarsessie en verduideliking van die wat en die hoe van die 10 weeklikse byeenkomste. Ons gebruik Bruce Wilkinson se videoreeks oor VERGIFNIS. 

Almal is welkom. Stuur net vir dominee Ensie 'n WhatsApp-boodskap met die woorde "I'm IN!!!" of "Ek's IN!!!" sodat hy elkeen by die regte groep (Afrikaans of Engels) kan inskakel. Klik op die volgende skakel om deel van die Bybelstudie te wees: