Wednesday, 10 September 2025

Mossiestilte: Jer. 32:27

Kyk, Ek is die Here, die God van alle vlees; sou enige ding vir my te wonderbaar wees?

Kyk vir 'n oomblik weg van jou dag se probleme wat vir jou wag, en sien die God van in vlees.
Sal hierdie God jou vlees wil vernietig? Nee, maar Hy het die vlees met sy begeerlikhede kom oorwin met sy soendood. 
Dit is die Here jou God; in staat om jou te verlos van die vlees, wat Satan misbruik, om jou te probeer oortuig dat jy met jou vlees kan doen wat jy wil.
God het jou vlees geskape vir sy heerlikheid soos hy alles geskape het.
Niks is vir Hom te wonderbaar nie; Hy kan jou vleeslike begeertes ook bystaan en voorsien om dit te versorg. 

Dankie, o Here my God, U het lankal voorsien vir my vlees. U het my gees herstel en my geregverdig voor die Vader. Na alles wat ek aan U en my medemens gedoen het, kom U my steeds nog haal om by U te wees. Daagliks voorsien U in my behoeftes, in my huwelik, my werk, my kinders en my liggaam. U is Almagtig en verhewe, groot is u Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]