* Het jy gehoor van die man wat in die duur restaurant 'n woefkardoes vra om die oorblywende kos vir sy hond in te pak. Sy seuntjie vra toe ewe onskuldig of hulle 'n hond gaan koop!
* 'n Gek wat 'n hoë posisie beklee, is soos 'n man bo-op 'n berg: alles lyk vir hom klein en vir elkeen lyk hy klein.
* Beheer oor jou motor is neusie verby wanneer jou seun sy rybewys kry.
* Die man het die gewoonte gehad om op straat aan 'n skoenveterverkoper R10 te gee sonder om die veters te neem. Op 'n dag gooi hy weer R10 in die veterkissie en stap aan.
"Meneer!" roep die veterverkoper hom terug.
"Alles reg, ou kêrel," sê die man vriendelik, "ek wil nie die veters hê nie."
"Ek weet, meneer, maar die prys is op en dit kos nou R15.