Sunday, 7 September 2025

Mossiestilte: 1 Tim. 6:12

Stry die goeie stryd van die goloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuienis afgelê het.

Die goeie stryd word nie maklik geloop nie. Daar is moeilike tye waarin mense jou ontmoedig of beledig en gewoon onbevoeg aanbeveel.
Ander aardse rykdomme of genot kan jou van jou seëninge uit God se hand beroof.
Gryp dus met geweld na die ewige lewe in Christus Jesus en stry die goeie stryd.

Here, U alleen is sonder sonde en het die sonde oorwin. U het aan my die oorwinnaarsprys gegee al verdien ek die ewige straf. Tog het U genade my kom haal toe ek losbandig gelewe het en het U my die ewige lewe gegee. Vandag loof ek u Naam en loof u goedheid. U is die ewige koning wat sit aan die regterhand van die Vader. Halleluja, amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]