Gaan sit en dink bietjie ... vergeet van jou sondes of dit wat jou pootjie om vir ‘n oomblik blind te wees en sien jouself soos God jou sien ... wees eerlik met jouself. Sien jouself deur sy oë ... wat sien jy dan?
Ons is almal talentvolle wesens wat net meer in onsself moet glo en ophou om ons aan ander se talente te meet. Wees die beste jy wat jy kan wees, alle skulpies op die strand is mooi en uniek, al is party dalk gebreek of beskadig deur al die getye van die lewe ... so wees ‘n opregte omgeemens ... dis ‘n rare talent!