Sunday, 14 September 2025

Mossiestilte: Luk. 2:27-30

En hy het deur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die gebruik van die wet,
het hy Hom in sy arms geneem en God geloof en gesê:
Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord, 
omdat my oë u heil gesien het,

Die Here het aan jou sy Heilige Gees gegee om Hom raak te sien selfs wanneer jy dit dalk die minste verwag.
Die Gees van God sal jou nou in sy genade laat leef.
Die Gees van God sal jou leer en lei om sterker in die Woord te word en die genade te deel van Christus vir almal om jou.
Simeon en Anna het God se aangesig gesoek en was deur God se Gees gelei om die verlossing van God te sien.
Mag God ook so aan jou wys, wie en wat hy vir jou en die hele aarde beteken. 

Here, ek bid nou u Heilige Gees oor my. Wys my in u wysheid en krag, u heil en verlossing. U genade is genoeg vir my. Laat ek ook groei en sterk word in die Gees vol van wysheid.(vers 40).

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]