Want U goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys. Só sal ek U prys my hele lewe lank, in u Naam my hande ophef.
Na alles wat God vir ons gedoen het is ek gedwing in my siel om U vandag te verheerlik. U goedheid dwing my om kompulsief my hande op te lig, gedring deur my geloof want U goedertierenheid is beter as die lewe. Daarom sal ek U prys my hele lewe lank. In u Naam sal ek sonder skaamte in die vergadering my hande oplig en U prys.
O Vader, my siel is verkleef aan U terwyl u regterhand my ondersteun. Terwyl ek in my woestyn is, soek ek U my God, U is my God, U soek ek in 'n dor en uitgedroogde land sonder water, om U te loof en prys. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]