Saturday 6 July 2024

Kerkgenotjies: 'n Datumbotsing

Enige een van julle manne wat dalk belangstel?
My neef het geboek en reeds betaal vir 'n jagweek in Namibië. Hy het nie besef dit bots met sy troudatum nie. Indien enige iemand belangstel om sy plek in te neem kontak hom asseblief. Volgende inligting is belangrik.

Dis Saterdag by NG gemeente Brakpan om 14:00.
Sy is baie vriendelik en 'n bobaas-kok.
Brunet, 62 kg, 1,52m lank.
Sy sal die een in die wit rok wees.
Haar naam is Grita.

[Ingestuur deur Anoniem]