Wednesday 10 July 2024

Mossiestilte: Ps 75:10

Maar ek sal vir ewig verkondig ‐ ek wil psalmsing tot eer van die God van Jakob.

God het hom in sy talle fasette reeds aan jou geopenbaar, jy het ondervinding van die goedheid van God.
Jy ken God en weet Hy is 'n suksesvolle God wat alles uitvoer soos Hy vooruit beplan en voorspel.
Vertrou vanoggend op God, om jou deur jou teleurstellings en seerkry te vat. Hy gee altyd die oplossing: as jy aanhou vra, sal Hy gee, as jy aanhou soek, sal jy by Hom vind, as jy aanhou bid sal Hy jou wysheid en geloof versterk. Verheug jou in die Allerheiligste en bring Hom al die lof en eer en aanbidding.

Dierbare Here, U is die weg en die waarheid en die lewe, en niemand kom na die Vader behalwe deur U nie. U is die deur tot die koninkryk van God en niemand kom tot die Vader behalwe deur U nie. U sal my met u sterke arm verlos. U wat wonders doen, het U sterkte onder die volke bekend gemaak. Ek sal van U goeie vertel, ek sal nie ophou nie. O God, U weg is in heiligheid. Wie is so groot soos U? Al die lof en al die eer kom U toe. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]