Tuesday, 1 July 2025

Mandjie Hoop: Koop die regte aandele

Daar is nie fout om baie besittings te hê nie. Die probleem lê daarin dat jou rykdom jou identiteit vorm. Jy is wat jy besit. (Luk. 18)

Mense van aansien en rykdom, word dikwels in koerante en in die media deur die wêreld aangeprys. Gewone mense verdwyn eenvoudig in die massa. Hulle lewe lyk vir die man op straat onbelangrik. Jakobus help ons egter met hierdie siening. Gaan lees dit gerus as jy die dag plat op die grond sit, omdat jou besittings nie die wêreld se standaarde ewenaar nie. Rykdom wat ewigheidswaarde het, is jou kennis van God, jou verhouding met God en jou betekenisvolle verhouding met ander mense. Belê jou rykdom in die Ewigheidsbank. (Matt 6: 19-21)