Monday, 21 July 2025

Gebed: U wil in ons land en die kerk

Hemelse Vader ons dra ons land en sy mense aan U op. Ons bid U seën oor ons land en sy mense. Ons bid vir herlewing in ons huise, kerke, werkplekke, ontspanning en die samelewing. Ons bid vir mense wat nog in die duister tas en U nie ken nie dat hulle die lig sal sien en tot bekering kom. Ons bid vir eenheid in die kerk van Christus hier op aarde. Ons bid dat hulle wat die woord bedien dit suiwer sal doen in diepe afhanklikheid van U en in aanbidding en gehoorsaamheid aan U wil. Ons bid vir onderskeidingsvermoë om nie deur valse predikers mislei te word nie. Ons bid vir U wil om in ons land en die kerk van Christus te geskied. Alles tot U eer en tot verheerliking van U Naam. Amen