dat U swaarkry in my lewe toelaat
met die doel om my nader aan U te bring
dat U soms my gebede onbeantwoord laat
omdat U groot krag ook tot my beskikking is
juis wanneer ek op my swakste is.
Here, dankie dat hierdie stuk swaarkry
wat U nie van my skouer wou afneem nie,
my net weer laat besef het
dat U die beste weet
dat U in die proses my skouers sterker gemaak het.
Dankie dat ek met u hulp
sterker en beter anderkant kon uitkom.
Amen.