Saturday, 26 July 2025

Kerkgenotjies: Dit laat 'n mens dink ...

 * 'n Onderwyser gee Bybelklas in 'n klein Vrystaatse skooltjie. Hy vra vir die klas of Jesus in Betlehem gebore is. Hulle antwoord ja.
Toe vra hy: "Betlehem in die Vrystaat?"
"Nee," antwoord die klas.
"Hoekom is Hy nie in Betlehem in die Vrystaat gebore nie?"
'n Stemmetjie uit die klas antwoord: "Seker omdat hulle nie 'n maagd en drie wyse manne in die Vrystaat kon kry nie, meneer."

* Die Afrikaanse onderwyser vertel vir die kinders dat elke liefdesverhaal 'n bietjie GELOOF, 'n bietjie LIEFDE en 'n bietjie SPANNING moet bevat om werklik goed te wees. Hulle huiswerk vir die volgende dag was om 'n storie te gaan skryf met al drie hierdie elemente in.
Die volgende dag vra die onderwyser vir Sannie om haar storie vir die klas te lees.
Sy lees: "Dominee! Ek is swanger! Maar wie het dit gedoen?"

* Wat is die definisie van resessie?
Dit is wanneer jou buurman sy werk verloor.
Wat is die definisie van depressie?
Dit is wanneer jy jou werk verloor.
Wat is die definisie van ekonomiese herstel?
Dit is wanneer die minister van finansies sy werk verloor.