* Hoekom vra banke ’n fooi vir “onvoldoende fondse” as hulle dan self sê daar is nie genoeg nie?
* Hoe is dit dat ons ’n man op die maan kon plaas voordat ons kon uitwerk dat dit ’n goeie idee sou wees om wiele aan tasse te sit?
* Hoekom gooi mense geld in verkykers op hoë geboue om te kyk na goed wat naby was toe hulle op die grond was?
* Hoekom het broodroosters ’n stelling so hoog dat dit die brood kan brand tot op die punt waar ’n mens dit nie kan eet nie?
* Hoekom is daar ’n lig in die yskas en nie in die vrieskas nie?
* As elektrisiteit van elektrone kom, kom moraliteit van morone?