Sunday, 26 April 2026

Word deel van "Die Meesterplan": Inligting

Die materiaal van DiePLAN (insluitend die boek van dr. Frans Hancke: Die Meesterplan - God se missionale mense, voorsmaak of nasmaak?) is Bybelsgefundeerd. Daarom het DiePLAN se assosiate ʼn Bybelleesrooster ontwikkel vir individue en groepe. Ons gebed is dat gelowiges, deur die Woord en die Heilige Gees geestelik sal verdiep, God se meesterplan beter verstaan en hul eie rol daarin ontdek - ’n moontlik lewensveranderende ervaring.

Hoe werk dit?
* Jy ontvang elke oggend (±06:00) ʼn kort WhatsApp-boodskap.
* Dit bevat:
– Weeknommer (van die betrokke hoofstuk van Die Meesterplan), asook dag
– Week se tema en 'Gedagte vir die Dag'
– Skrifgedeelte
– 'n Vraag om gedeelte te oordink
– Skakel na ʼn kort video oor die dag se Skrifgedeelte (<5 min.) deur ds. Hendrik Saayman

Vir groepe:
* Die daaglikse boodskap vir persoonlike gebruik word aan die einde van die week opgevolg met ʼn ekstra vraag vir 'n groepbespreking.

Begin : Maandag 4 Mei 2026

Hoe sluit ek aan?
Gebruik hierdie skakel om by groep aan te sluit:

https://chat.whatsapp.com/DqhojlL6XCx3BI7UHeT5Eb

Verpligtinge?
Geen. Jou nommer bly vertroulik. Geen onnodige plasings nie. Jy kan enige tyd onttrek.

Moet ek die boek hê?
Nee. Die leesrooster lei jou direk deur die Bybel.
Die boek is ’n hulpmiddel (opsioneel) en kan bestel word by info@dieplan.org
Opsommings sal ook op DiePLAN se webblad beskikbaar wees.

As ek later aansluit?
Vorige inhoud en video’s sal op die webblad en YouTube beskikbaar wees.

Versprei hierdie uitnodiging gerus aan ander gelowiges. 
(Jy kan ook die QR-kode gebruik vir vriende om vanaf jou foon te skandeer, indien hulle wil aansluit.)

Soli Deo Gloria

[Die boek van dr Hancke is beskikbaar. Klik HIER vir meer inligting.]