U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle;
Hier moet biejie dieper gekyk word, of ons verloor die draad; "o God, u God U gesalf ..."
Een van die aannames wat veral die Moslems deurmekaar maak en kwaadwillig laat stry met Christene deur te sê: Jesus is nie God nie.
Daar is net een God - maar drie-enig; Jesus is God, die Seun van God en die God die Vader, Vader van Jesus, sy Woord; Die Heilige Gees is God se Gees teenwoordig in ons harte.
Selfs Dawid het dit gesien en gesê: My God het vir my God gesê ...
God wil jou ook met sy vars vreugde-olie salf vanoggend.
Dankie, my Vader, dat U my vanoggend salf met u vars vreugde-olie. Ek is bly in die Heilige Gees. In my hart sal ek sing, om hulde te bring aan die Naam van Jesus my Heer. Amen.
Lees gerus ook vers 8, en sien dit nou in die lig met die kennis wat jy nou besit.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]