Hy wat in die vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar Hy wat in die Gees saai sal ook uit die Gees die ewige lewe maai
en laat ons nie ophou om goed te doe nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.
Die wet van saad saai, is 'n werklikheid - swak saad, of bossiesaad wat bossies oplewer; goeie saad sal gesonde eetbare voedsel oplewer.
Die woord sê: vir wat jy aan ander gedoen het, het, het jy dit aan My ook gedoen; die goed of die sleg.
Daarom sal jy die goed of die sleg eet wanneer jy moet maai.
Here, ek weet ek kan nie deur my beste werke die saligheid ontvang nie. Ek kan net deur Christus se kruisdood ewige voedsel kry. Net Christus kan ons red en u brood is ons ewige voedsel, en net u bloed is ons ewige drank, tot verlossing van al ons sonde. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]