Wednesday 3 January 2024

'n Groep gewapende mans


Daar is 'n verhaal wat die rondte doen dat êrens in Amerika het 'n groep gewapende mans een aand met hulle masjiengewere in ‘n propvol kerk ingebars. Hulle het aangedring het dat al die ware Christene wat nie bang is om te sterf nie, voor die preekstoel moet vergader. Die res kan maar huis toe gaan.

Toe die wat huis toe is, weg is, sit die manne hulle gewere neer en haal hulle maskers af.

Nou kan daar kerk gehou word, want net die ware Christene is oor!