Saturday 13 January 2024

Kerkgenotjies: Nataniël

My ma het ’n heerlike Grenadella-yskastert gemaak om nie te praat van haar Peppermint Crisp-tert nie. Dit was altyd 'n welkome treffer op 'n Sondagmiddag. Maar iemand het my vertel dat Nataniël ’n renons aan enige tipe basaartert het wat dril en hy verwys gereeld na die aaklige terte wat soos Maizena-bomme lyk.

[Ek hoop van harte dis wat hy gesê het en dat daar nie woorde in sy mond gelê word, wat nie lekker op
die tong val nie.]