Thursday 1 October 2020

Ons help skryf aan die wêreld se verhaal ...

Ons elkeen is bevoorreg om deel te wees van Sy storie met die wêreld. En as ons in hierdie ekonomiese tye nog die voorreg het om ons tiende te kan gee, is ons baie geseënd.

In Sy storie is ons ingesluit. Dit sluit ook Sy gebruik van ons tiendes in. Hy werk daarmee. Sy koninkryk op aarde moet uitgebrei word, dis ons opdrag. Daar is trouens baie getuienisse van God se werk wat Hy gedoen het deur middel van die tiendes wat die gelowiges en gemeentelede bygedra het.

Dit gee 'n besondere betekenis aan ons bestaan as geloofsgemeenskap en gemeente. Ons eer Hom daarvoor. Gee ons nog ‘n tiende, van dit waarmee die Here ons seën, terug vir Hom?