Sunday 15 November 2015

Die 10de maand dankoffer...

Gemeentelede se dankoffers vorm die basis van die gemeente se inkomste. Die groter doelgerigtheid om ons roeping as Kerk uit te leef, hou groter finansiële verpligtinge in. Daarby ondervind die gemeente ook maar die probleem van steeds stygende kostes soos salarisse, munisipale heffings, onderhoud aan eiendom en administrasie soos telefoonkoste, drukwerk en skryfbehoeftes.

'n Vriendelike, dog dringende, versoek word dus aan elke lidmaat gerig om asseblief weer biddend te gaan besin oor u 10de Maand Dankoffer. Baie dankie vir die wyse waarop u tot nou toe 'n bydrae gelewer het om ook hierdie gemeente in staat te stel om ons Hemelse Vader se Koninkryk te dien.

10de Maand Dankofferkoeverte is te kry by die kerkkantoor.