Sunday 26 May 2019

Moet nooit ...

# opkrop as jy iets op die hart het nie.
# stilbly as jy 'n opinie het nie.
# moed opgee as jy sukkel nie.
# kwaad word as jy teleurgestel word nie.
# ophou wanneer jy verloor het nie.
# ongeduldig raak as jy nie jou sin kry nie.
# bly lê as jy geval het nie.
# persoonlik raak as jy in die rug gesteek word nie.
# sinies raak as liefde nie uitwerk nie.
# oordeel as jy iemand nie ken nie.
# verwyt as iemand 'n fout begaan nie.
# haat as iemand jou seermaak nie.
# ophou glo as jou vertroue geskend word nie.
# bang wees as jy alleen is nie.
# twyfel in jouself nie.

WANT ...

jy is baie spesiaal en elke liewe ding wat met jou gebeur
en elke liewe mens wat oor jou pad kom, is vooraf vir jou beplan
om jou sterker, wyser en slimmer te maak en jou diepte en karakter te gee.

Geniet jou lewensreis ...

ONTHOU ...

Hoop maak die reis moontlik.
Geloof maak dit makliker
en liefde maak dit onvergeetlik mooi.

[Dankie aan Francois Crauwcamp wat hierdie mooi gedagtes met ons gedeel het.]