Thursday 2 May 2019

Duidelike reëls neergelê vir Saterdag se pretdag!

Ds. Ensie: "Onthou asb. net die reëls. Enige kosse moet vooraf getoets word - net vir die  kinders se veiligheid ... En jy kan mos nie die regter in jou eie saak wees nie, dus is ek meer as bereid om hierdie moeilike & moontlik gevaarlike rol te vervul ..."

Hierdie is 'n herder wat werklik die ekstra myl in alle omstandighede loop - en dit het natuurlik niks met 'n moontlike soettand te doen nie.

Na wat verneem word, is daar op werkersdag geswoeg en sweet voor oonde en stowe! 990 mini-choc chips en 520 mini-romany creams is onder andere gebak ... Dit sal beslis op post-werkersdag verpak moet word, want die pretdag is 'n oogknip weg!!

Verder is daar ook allerlei verpakkings wat gedoen is vir die handwerktafel waar kinders self geskenkies vir Moeders- en Vadersdag sal kan maak. 'n Geskenkie waaraan tyd spandeer is en wat met liefde gemaak is, is mos ekstra spesiaal. 'n Hele klomp pretdagwerkers is besig om die laaste dinge te reël om van hierdie eerste poging 'n sukses te maak.