Saturday 4 May 2019

Dutoitspan se pretdag sluit op 'n hoë noot af!


Hierdie was 'n eerste vir die jeug, maar beslis nie die laaste nie. Dankie vir elke ondersteuner, entrepreneur en werker, selfs buite die gemeentegrense, wat betrokke was. Sonder elkeen se noot in die psalm, sou sommiges die verkeerde wysie gesing het en ander die noot laer gesing het ...

Maar op 'n heel ernstige noot, kan moeë, maar gelukkige Dutoitspanners vanaand met 'n lied in die hart gaan inkruip, nadat weke se werk agter die skerms, vandag dividente opgelewer het.