Friday 1 December 2023

Tert vir die naweek: Grenadella yskastert

Benodigdhede:
1 blik (410 g) ingedampte melk, verkoel oornag
125 ml (½ k) strooisuiker
1 blikkie (110 g) grenadellamoes
1 boks jellie, suurlemoengeur
250 ml (1 k) kookwater
2 pakkies (200 g elk) Tennisbeskuitjies
grenadellamoes of suurlemoenskyfies vir versiering

Metode:
Klits koue melk en voeg strooisuiker stadig by.
Voeg grenadellamoes by en meng goed.
Meng die jellie met kookwater, roer tot opgelos.
Laat afkoel.
Roer jellie in by die melkmengsel.
Pak ’n laag Tennisbeskuitjies in ’n groot bak en giet van die melkmengsel oor.
Herhaal die lae en eindig met die melkmengsel.
Verkoel totdat dit goed gestoel is.
Sit dun gesnyde skyfies suurlemoen bo-op tert voor opdiening.