Wednesday 27 December 2023

Iets om oor na te dink ...

Om 'n dominee te wees ...

As hy jonk is, kort hy ondervinding.
As sy hare grys is, is hy te oud.

As hy ses kinders het, het hy te veel.
As hy niks het nie, stel hy 'n slegte voorbeeld.

As sy vrou in die koor sing, is sy voor op die wa.
As sy nie, stel sy nie genoeg belang in haar man se werk nie.

As hy van notas af preek, het hy ingelegde preke en is droog.
As hy uit die vuis praat, is hy onvoorbereid en herhaal.

As hy baie tyd in sy studeerkamer deurbring, verwaarloos hy sy gemeente.
As hy baie rondkuier, is hy 'n drentelaar.

As hy baie aandag gee aan die armes wil hy van gepraat word.
As hy baie aandag gee aan die rykes kliek hy en is 'n snobis.

As hy baie veranderings aanbring, is hy 'n diktator.
As hy geen veranderings aanbring, is hy verbeeldingloos.

As hy teen die kwaad praat, is hy te eng.
As hy nie, is hy 'n kompromis.

As hy 'n uur preek, is hy langdradig
As hy nie, is hy lui en onvoorbereid.

As hy die waarheid preek, gee hy aanstoot.
As hy nie, is hy liberaal.

As hy almal plesier, het hy geen beginsels.
As hy nie, doen hy die kerk skade aan.

As hy oor geld preek, is hy gierig.
As hy nie, bou hy nie die gemeente nie.

As hy 'n groot salaris kry, verdien hy dit nie.
As hy 'n klein salaris kry, is hy nie veel werd nie.

As hy elke Sondag preek, word die mense moeg vir hom.
As hy nie, verwaarloos hy sy werk.

As hy by 'n sieke kom, hoor hy hy moes al eerder gekom het.
As hy by 'n bejaarde kom, was hy nog nooit daar nie.

En tog is die bediening heerlik, want: 
Deur God geroep.
Deur God bekwaam.
Deur God gedra.
Deur God vergewe.