Monday 15 April 2019

Waaroor gaan die lewe nou eintlik?

Weet julle toe ek vanoggend wakker word, toe vra ek myself die vraag: "Wat is die nut?"

Waaroor gaan die lewe nou eintlik? Is dit nog alles die moeite werd?

Toe tref dit my: Die antwoord lê reg daar om my in my eie kamer!
Die waaier sê: "Be cool!"
Die plafon sê: "Mik hoog!"
Die venster sê: "Kyk na die wêreld daar buite."
Die horlosie voor my bed sê: "Elke minuut van jou lewe is só kosbaar."
Die kombers sê: "Soos God belowe in Sy Woord, het Hy jou laasnag beskerm."
Die spieël sê: "Jy is uniek in God se oë."
Die kalender sê: "Vandag is die eerste dag van die res van jou lewe!"
Die deur sê: "Druk hard om jou doel te bereik!"
Die mat sê: "Gaan af op jou knieë en dank God vir 'n nuwe dag!!"

[Dankie, Johann Genis wat hierdie gedagte met ons gedeel het.]