Geen woord van die goeie woorde wat die Here met die huis van Israel gespreek het, het onvervuld gebly nie; alles het uitgekom.
Jy kan versekerd bly in die woord van die Here wat Hy oor jou uitgespreek het.
Jy kan elke dag jou toekoms in die vrede en rus van God se woord bou.
Daar mag dalk uitdagings in jou lewe opduik maar God se woord verander nooit en bly jou versekering.
Net soos Josua, sal jy oorwinning op oorwinning kry, want jou vyand is verslaan.
Dankie Here, U het my van alle kante rus gegee net soos U aan my beloof het. Ek het die troue versekering dat elke woord en belofte van U, in vervulling in my lewe sal kom en ek sal nie op een van hulle uit mis nie. My vyand is reeds oorwin in Jesus Naam. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
