Hy tel sy vrou op en dra haar 'n bietjie rond ...
Sy is heel verras dat hy dit doen en vra met 'n groot glimlag: "Het dominee vandag gepreek oor hoe om jou vrou te behandel?"
"Nee," antwoord hy terug. "Hy het gesê ons moet leer om ons laste te dra."
* Kallie en Mike se vroue gaan koffie drink by Mug & Bean. Mike se vrou bestel vir haar 'n klein bakkie slaai en 'n yslike sny roomkoek.
Kallie se vrou: "Eienaardige bestelling. Die twee goed pas mos nie bymekaar nie."
Mike se vrou: "Ek weet. Maar ek het besluit om 'n plan te maak met my ongesonde eetgewoontes en 'n bietjie meer gebalanseerd te eet."
* Een van die gemeentelede gaan vir sy jaarlikse ondersoek na sy huisdokter toe. Dié is nie tevrede met sy fiksheidsvlak nie.
Dokter: "Jy moet jou liggaam oppas. Luister na wat jou liggaam vir jou sê. Gaan sluit by 'n gim aan en kom sien my oor 6 maande weer dat ek opvolgtoetse kan doen."
Die volgende oggend gaan sy wekker 05:30 af vir sy eerste afspraak by die gim en toe onthou hy die dokter se woorde: "Luister na jou liggaam."
Toe draai hy om en slaap doodgelukkig verder.