Monday 27 July 2020

Obadja - die Christelike mannekoor

Terwyl die Bybelboek, Obadja, nou onder die loep kom, so 'n stukkie interessantheid. Op 16 Januarie 2010 kom 6 manne bymekaar met die gedagte om 'n mannekoor op die been te bring. 'n Idee word 'n werklikheid en tans bestaan die koor uit 21 lede en nuwe lede is altyd welkom.

Die Christelike mannekoor kom uit die Ouddorp in Nederland en hulle sing psalms, gesange, geestelike liedere en ook Nederlandse volksliedere.

Klik HIER om na die lied De Lichtstad te luister

[Vir verdere inligting - besoek hulle webwerf HIER]