Wednesday 1 July 2020

Waarom wil jy vandag tevrede wees ...

Waarom wil jy vandag tevrede wees
met 'n tweede of 'n derde plek my kind,
brons of silwer is nie 'n opsie nie.
Jy is bestem vir goud,
daar waar jy jouself nou bevind,
voel jy dalk nie of jy die resies gaan klaarmaak nie,
maar Ek is die een wat jou krag gee.
Ek is die een wat jou bystaan.
Ek is die een wat jou bemoedig.
Ek is Wie Ek is.
Ek is vandag vir jou krag en sterkte,
hou aan vorentoe beweeg,
wag op My
en luister na My aanwysings vorentoe.
Omdraai is nie n opsie nie.

[Anoniem]