Sunday 23 September 2018

God se gee ...

U gee aan ons
werk, 'n inkomste, voorregte, besittings
sodat ons dit kan geniet.
Soms het ons meer, soms minder hiervan.

Dankie, goeie Skepper,
dat U ons nie gemaak
en laat staan het nie,
maar dat U ons elke dag
versorg, onderhou en bederf
met 'n oorvloed genade en seën.

Dankie vir die rykdom
van die dinge wat geld nie kan koop nie;
liefde, lag en léwe.
Dankie vir die lekker eenvoudige,
dog heerlike vreugdes
van gewone menswees ... van kindwees.

Dankie, ewige Sorger,
vir 'n aardse tent, maar dankie veral
vir 'n ewige woning.

['n Treffende gebed van Milanie Vosloo wat mev. Marguerite Pienaar, een van ons Vrystaatse lesers, met ons deel. Dit kom uit haar boek: Woorde wat leef]