"en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag."
"Ons wat glo" ... Watter groot genade lê opgesluit in hierdie woorde. Weet ons elke dag hoe gelukkig ons is om deel te wees van die skare wat mag sê: "Ons glo."
Ek glo aan 'n Almagtige God aan wie hemel en aarde behoort.
Ek glo aan 'n regverdige Heerser wat reg en geregtigheid laat geskied.
Ek glo aan 'n alomteenwoordige Drie-eenheid wat tyd en plek oorbrug.
Ek glo aan 'n dierbare Vader wat die wêreld so liefgehad het, dat hy sy enigste Seun gestuur het.
Ek glo dat Jesus Christus vir my sondes aan die kruis gesterf het.
Dankie, Grote God, dat ek my naam bokant die kruis mag skryf.
[Ds. Nico van Wyk - Dorstfontein: NG Gemeente Dutoitspan Maandblad Julie 1986 ]