Tuesday, 5 May 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 1 - Dinsdag)

1.1.2 Die skepping leef omdat God voortdurend gee (God as Skepper en Opperheer)

Klik HIER en kyk na die video

Video toeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 1.1.2 
Hoofstuk 1: Die Groot Toneel 
Week 1: God as Skepper en Opperheer 
Dag 2: Die skepping leef omdat God voortdurend gee. Dankbaarheid is die gepaste reaksie. 

Lees: Psalm 104:1-34 

Oordink: Hoe raak dit my wanneer ek doelbewus daarvan bewus bly dat my daaglikse voorsiening 'n gawe uit God se Hand is - en wat is die gevolg van die bewustheid, indien enige?

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN 
Alle regte voorbehou. 
https://dieplan.org 

* Dit is boonop duidelik dat die inspirasie vir Psalm 104 uit Genesis 1 se skeppingsverhaal kom.
* In die eerste plek bevestig die Psalm dat die Here groot is, want Hy is met lig omvou soos met ’n mantel.
* In die tweede plek het God die aarde bewoonbaar gemaak waarin die beskrywing van sy beheer oor water deurslaggewend is.
* In die derde plek het God alles wat leef ’n volhoubare lewensruimte gegee op die aarde.

[* Klik HIER]