Luister na My, julle wat die geregtigheid najaag, wat die Here soek! Aanskou die rots waaruit jy gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is.
Jy moet weet waarvandaan jy kom, hoe lieflik jy vir die Here God is. Jy is uit die rots gekap. Die Here sien alles raak, jy is soos Josef uit 'n put gegrawe en uit die donker uitgetrek.
Jy is gevorm deur Elohim die Skepper en Onderhouer van die skepping, na sy beeld.
Jy is herstel en God se geregtigheid het jou vernuwe en die ou dinge het verbygegaan.
Liewe Here en my God, ek dank U vir u genade, wat aan my die geregtigheid gegee het. Ek is na die lig gebring en u barmhartigheid en u wonde het vir my genesing en herstel gebring. Ek staan en is gevestig op die Rots en niemand kan my daar afkry nie. My koning het die dood oorwin. My naam is in die boek van die lewe geskryf. Amen
