Thursday, 14 May 2026

Hemelvaart is 'n geloofstroos



Hand 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees … [Jesus het weggegaan sodat ons die Heilige Gees kon ontvang.]

Johannes 14:12-13 Mense wat in My glo, sal dieselfde dinge doen wat Ek gedoen het, hulle sal meer doen, want Ek gaan nou na die Vader toe. [Die Heilige Gees doen die werk. Hy is op ‘n wonderlike manier in ons! Hy het ons met hemelvaart nie op ons eie gelaat nie maar eintlik nog nader aan ons gekom. Ons kan met Hom praat, ons kan in afhanklikheid voor God gaan staan en Hom vra om ons as sy instrumente te gebruik. Ons is Sy daaglikse advertensie in 'n deurmekaar wêreld.] 

Rom 8:38-39 Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping, kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.