Saturday 23 March 2024

Slaairesep: Lietsjieslaai

Benodigdhede:
1 groot blik pere (of 2 kleiner blikke)
1 groot blik pynappelblokkies (of 2 kleiner blikke)
1 groot blik lietsjies - heel (of 2 kleiner blikke)

Metode:
Dreineer die vrugte en behou 'n kwart koppie (62 ml) van die lietsjiesap.
Sny die halwe pere in kwarte
Behou lietsjies heel of halveer.
Plaas ingelegde vrugte in slaaibak en gooi die sous oor - meng liggies en versier met takkie kruisement.

Sous:
Bestanddele:
1 blikkie kondensmelk
2 t mostertpoeier
100 ml Ultramel-room
62 ml lietsjiesap
62 ml suurlemoensap
1 klein houer mayonnaise (250 g)

Metode:
Meng al die sousbestanddele baie goed en gooi oor vrugte

Wenk:
Heerlik saam met braaivleis.
Kan tot een week in die yskas hou - geure vermeng lekkerder hoe later.