Saturday 30 March 2024

Slaairesep: Perskeslaai alias Tannie Mara

Benodigdhede:
 
1 groot blik gesnipperde perskes
1 soetrissie (groen of rooi)
Driekwart koppie korente/rosyntjies
6 groot uie (kan minder gebruik na smaak)  
1 koppie suiker
Driekwart koppie wit asyn
2 t kerriepoeier
1 t borrie
sout na smaak

Metode:
Gooi stroop van blik perskes af.
Snipper uie en kook in asyn en stroop van perskes tot sag.
Voeg gesnipperde soetrissie, kruie en suiker by en kook goed deur.
Roer perskestukke by en kook vir ongeveer 2 minute.
Indien mengsel te waterig is, verdik met maizena.

Wenk:
Heerlike bykos saam met braaivleis
Slaai kan voor die tyd gemaak word - geure trou met mekaar