Saturday 9 March 2024

Slaairesep: Gebottelde noedelslaai (vir die besige vrou)

Benodigdhede:
500 g gekapte uie
2 gesnipperde groenrissies
1 kg fyngesnyde tamatie
500 ml suiker
7 ml sout
250 ml wit asyn
60 ml mayonnaise
500 g noedels
Olie vir braaidoeleindes

Metode:
Braai uie en groenrissies saam in olie.
Voeg tamatie, suiker, sout en asyn by.
Roer goed deur en laat prut vir 15 minute.
Voeg noedels en mayonnaise by.
Kook tot net begin dik word - mengsel brand maklik.
Bottel in skool gesteriliseerde flesse.

Wenk:
Kan gevries word.
Ontdooi en warm op in mikrogolfoond of prut op lae hitte.