Saturday 2 March 2024

Slaairesep: Christine se ertjieslaai

Benodigdhede:
1 kop gekerfde blaarslaai
3 hardgekookte eiers
250 g vars ertjies (1 blik ertjies kan 'n alternatief wees)
8 repe gesnipperde gebraaide spekvleis
1 fyngekerfde ui
2 koppies gerasperde kaas
Sout en peper na smaak
Suurlemoensap soos nodig

Metode:
Pak die bestanddele in lae.
Gooi mayonnaise na smaak bo-oor.
Versier die slaai met hardgekookte eier (in ringe gesny) en stukkies bros spekvleis.
Strooi sout, peper en suurlemoensap tussen die lae volgens smaak.