Saturday 21 July 2018

Basaar: Moenie die datum vergeet nie...

Die jongeres het die "Fanta"-trein sommer baie
geniet en met 'n al twee sy duime in die lug, wys
Addie dat die wêreld reg is.  
Kom baai in die gasvryheid van die gemeente se kerkbasaar.

Laat die geur van kaneel, braaivleisvure, kerrie en sosaties jou aan die neus lei. Moenie die kleurvolle poeding, lekkergoed en kleinkoekies miskyk nie.

Begin met 'n kafeien-inspuiting sommer vroeg-vroeg in die oggend en werk jou pad oop tussen die gebak!

Vir die laatkommers sal daar nog jaffles, worsbroodjies en kerrie en rys wees.

Maak 'n draai by die wit olifanttafel en koop van die pragtige plantjies vir die tuin, handgemaakte naaldwerk, en konfyt vir diegene na aan jou.

Speletjies is vir die jongeres in die gemeente gereël.

Wanneer: 4 Augustus 2018