Sunday 20 June 2021

'n Pa duisend ...

* Het jy al vir jou kind gesê jy is lief vir hom? Begin daarmee, sê dit elke dag. Stuur sommer nou 'n SMS of 'n WA, al is hy dalk al uit die huis uit.

* As daar dalk 'n breuk met jou kind is, wil jy dit nie vandag regmaak nie? Moenie eendag langs sy graf staan en dan is dit te laat nie.

* Moenie vir jou kind te veel geld gee nie. Dikwels doen 'n pa dit as 'n afkoopboete omdat hy nie betrokke is nie; ek sê vir jou: dit is fataal.

* Seën jou kinders. Lees Gen 49 : 22 waar Jakob vir Josef seën. Gebruik hierdie woord, of jou eie en spreek ’n seën oor jou kind uit.

* Bid vir jou kind - ook voor hom. Bid die krag en redding van God oor hom af.

* Wees lief vir sy / haar ma.

... begin vandag!

(www.heuning.co.za)