Alles wat jy sê of doen of dink se oorsprong kom uit jou hart uit. Dit is die plek waar alles begin en die deel waaroor ons die meeste moet waak. Soms broei dinge in jou hart, wat dan kom nes maak in jou kop, en dan borrel woorde uit jou mond, wat jy nie weer kan terugtrek nie en daar is sóveel krag in ons woorde!
SPREUKE 18 vers 21 waarsku ons dat: "Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet." LET OP "SAL".
Ons moet ons harte bewaar, sodat ons ons gedagtes in toom kan hou. Dit sal die woorde wat ons spreek, kan beheer. Ek dink nie mense besef altyd die geheim wat daar in hierdie verse lê nie en hoe dit ons lewens beïnvloed nie.
Mag jy vandag en elke dag jou hart, jou gedagtes en jou mond bewaar.
[Dankie, Ann vir die aanstuur. Klik HIER vir die boodskap.]
