Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig; As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. Want die skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.
Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
Here, my God, en my Vader, ek kom na U in die Naam van Jesus Christus. Ek bely dat Jesus my geregtigheid is. Ek het die woord in my mond en in my hart. Dit is my geloof wat ek verkondig. Ek glo met my hart en ek bely met my mond tot my redding. Ek sal nie beskaam staan nie. Ek roep die Naam van Jesus Christus aan en ek sal gered word. Amen.
Vergelyk: Joh. 16:8-11 en Op. 12:11
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
