Wednesday 19 December 2018

Leraar en kerkraad se kerswense ...

 

Met Kersfees 2018 om die draai, is dit nogal interessant om in die gemeente se geskiedenis te delf en te kyk na een van die gebruike van so ongeveer 50 jaar terug. In die laat 1960's en gedurende 1970's het die kerksraadslede hierdie boekmerkies met die handige bladsynommers van die Bybelboeke by die deure uitgedeel, net voor die kersdiens. Hierdie bladsynommers agterop die boekmerk het verwys na die 1953-vertaling van die Bybel.

In daardie jare was dit die gebruik om die Bybelboeke op die punte van jou vingers te ken. Dominees het die kinders van die kansel af aangemoedig om te sien wie eerste by die gelese gedeelte uitgekom het. Hierdie boekmerkies was baie gewild, veral onder die kinders. Die bladsynommers het hulle sommer baie vinnig op die regte spoor gesit.